Welkom By Krugersdorp - Oos Gemeente
KOM BEREIK NUWE HOOGTES IN JOU GEESTELIKE LEWE
Sluit Aan By Ons Gemeente
ONS IS ‘N GEESTELIKE HUIS VIR ALMAL!
Gemeente Krugersdorp - Oos
NHK Gemeente Krugersdorp-Oos is gestig op 6 November 1954. Vir bykans 65 jaar bedien hierdie gemeente reeds die gemeenskap van Krugersdorp met Woord en daad en het tans ’n lidmaattal van ongeveer 659 lede.
Lees MeerIs die pad na die Here
Geestelike Groei
In Ons Eredienste Streef Ons Na Groei, Gemeenskap En Liefde
“Hier is Christus alles en in almal”
Groei
Geestelike groei deur liefdevolle uitlewing daarvan onder mekaar en in die gemeente. Ons bou makaar se lewens op deur die Woord van God om sodoende omgee dissipels van Jesus, ons Christus, te word.
Gemeenskap
Die gemeente aanvaar sy verantwoordelikheid om ook kerk vir die gemeenskap te wees en deur ons barmhartigheid leef ons die evangelie van Jesus in en saam met die gemeente uit.
Ons Lewer Ook Die Volgende Addisionele Dienste

Berading
Die wêreld waarbinne ons leef kan ongelooflike druk op individue en gesinne plaas en dit het ‘n reuse uitwerking op hulle daaglikste funksionering.

Gedenkmuur
Daar is 'n gedenkmuur op die kerkperseel opgerig wat veilig en toeganklik is waar mense nie net die as van hulle geliefdes kan veilig bewaar nie maar dit ook met waardigheid in die veiligheid van die kerkperseel kan besoek.
Lees Meer
Jeugweek
Die eerste week van die winter vakansie bied ons 'n jeugweek aan. Ons hou die kinders besig met ‘n verskeidenheid aktiwiteite en ‘n pretbelaaide program.
Lees Meer
Verhuring
Die Gemeente Krugersdorp-Oos beskik oor ‘n ruim, netjiese saal wat beskikbaar is om te huur vir klein en intieme funksies van tussen 80 tot 100 mense. Ons beskik ook oor verskeie lokale wat gehuur kan word vir die aanbied van bv. opvoedkundige - of stokperdjie klasse teen billike tariewe.
Lees Meer
Vervoer
Ons beskik oor 'n VW Bussie waarmee ons 'n vervoerdiens aanbied. Ons laai Sondagoggend bejaardes by verskillende ouetehuise op en besorg hulle na die diens weer terug.
Lees Meer
Vleispaleis
Ons beskik oor 'n Vleiswinkel wat vars boerewors en ander produkte op bestelling aan die publiek versakaf.
Lees Meer
Selfsorgeenhede
Ons gemeente omskep sy pastorie en selfsorgeen-hede vir bejaardes. Daar is 10 bekostigbare eenhede beskikbaar wat bestaan uit 'n kombuis, sitkamer, slaapkamer en badkamer.
Nederduitsch Hervormde Kerk
Krugersdorp Oos
29 Gerrit Maritz Ave, Monument, Krugersdorp, 1739