Beplanning vir 2021

Ons het nie ‘n kalender aan die einde van 2020 vir 2021 uitgegee nie, juis omdat die onsekerheid wat met die pandemie gepaard gaan dit onmoontlik maak om vooruit te beplan. Ons sal wel wanneer ons weer na die kerkgebou toe kan terugkeer ‘n kwartaalikse program aan u uitgee. Dit help nie ons gaan die kostes aan om ‘n kalender te druk, maar niks van daardie datums kan op die ou einde realiseer nie. Ons probeer ook ons kontantvloei op hierdie manier beskerm. Die datums sal ook digitaal op ons webblad aangebring word.